Vonnis van die Berge

VONNIS VAN DIE BERGE - WOESTE LAEVELD REEKS In die woeste avonturiersdorp van Barberton, reik die landdros ’n lasbrief uit vir die arrestasie van Johan Grimbeek, op aanklag van moord en roof. Sake lyk baie donker teen Grimbeek, maar die noodlot bewerk dit so dat as hy ’n sekere perd in die hande kan kry, ’n perd wat wild in die berge groot geword het, hy sy onskuld sal kan bewys. Hy vlug voor die landdros se manne uit en gaan die berge binne, om die perd te probeer vang. Dit is ’n prag van ’n dier en ratser as ’n wildsbok... Maar voordat Grimbeek na die berge toe gaan, word hy op gesoek deur ’n meisie. Sy weet dat Grimbeek... alles anzeigen expand_more

VONNIS VAN DIE BERGE - WOESTE LAEVELD REEKS






In die woeste avonturiersdorp van Barberton, reik die landdros ’n lasbrief uit vir die arrestasie van Johan Grimbeek, op aanklag van moord en roof. Sake lyk baie donker teen Grimbeek, maar die noodlot bewerk dit so dat as hy ’n sekere perd in die hande kan kry, ’n perd wat wild in die berge groot geword het, hy sy onskuld sal kan bewys. Hy vlug voor die landdros se manne uit en gaan die berge binne, om die perd te probeer vang. Dit is ’n prag van ’n dier en ratser as ’n wildsbok...






Maar voordat Grimbeek na die berge toe gaan, word hy op gesoek deur ’n meisie. Sy weet dat Grimbeek nog al die tyd soek na ’n spesifieke man, ’n skurk en moordenaar, met wie hy reeds twee maal in bloedige botsings betrokke was. Sy wil hom gaan help om hierdie man, Mario Perreira, op te spoor en wraak te neem.






Met trane in haar oë en hartstogtelike woorde op haar lippe, soebat sy hom om haar saam te neem wanneer hy in die berge in ry, want sy het net een groot begeerte en dit is om hom te help en saam met hom wraak te gaan neem.






Johan Grimbeek laat haar toe om saam te gaan, en baie dae en nagte bring hulle saam in mekaar se geselskap deur. In die tyd beleef hulle baie asemrowende avonture saam. Wanneer hy siek word, verpleeg sy hom, en wanneer sy lewe in gevaar is, help sy hom veg. Die landdros se manne is later kort op sy hakke, terwyl Mario Perreira weer voor hom in die berge is, besig met sy duiwelse planne om hom vas te trek... En intussen moet hy nog daardie ongelooflike ratse, wilde perd vang...

weniger anzeigen expand_less
Weiterführende Links zu "Vonnis van die Berge"

Versandkostenfreie Lieferung! (eBook-Download)

Als Sofort-Download verfügbar

eBook
8,22 €

  • SW9781928498650450914

Ein Blick ins Buch

Book2Look-Leseprobe

Andere kauften auch

Andere sahen sich auch an

info