Die Mensvreters van Tsawo

DIE MENSVRETERS VAN TSAWO - DIE SWART LUIPERD REEKS Die kluisenaar van die Blouberge se vader was ’n grootwildjagter. Op ’n dag verdwyn hy saam met twee van sy handlangers in die digte woude van Oos-Afrika. Sy seun gaan soek na hom en ontdek hom toe reeds half opgevreet deur leeus. In sy een hand het hy skitterende juwele krampagtig vasgehou, onder andere diamante, robyne, opale en saffiere. In sy ander hand het hy ’n briefie vasgehou waarin hy vertel van die legendariese stad van juwele wat hy ontdek het. Hy praat verder daarin van ’n diep gat onder ’n boom wat al die wonderlike juwele bevat asook van reuse swartes met spiese wat die stad... alles anzeigen expand_more

DIE MENSVRETERS VAN TSAWO - DIE SWART LUIPERD REEKS






Die kluisenaar van die Blouberge se vader was ’n grootwildjagter. Op ’n dag verdwyn hy saam met twee van sy handlangers in die digte woude van Oos-Afrika. Sy seun gaan soek na hom en ontdek hom toe reeds half opgevreet deur leeus. In sy een hand het hy skitterende juwele krampagtig vasgehou, onder andere diamante, robyne, opale en saffiere. In sy ander hand het hy ’n briefie vasgehou waarin hy vertel van die legendariese stad van juwele wat hy ontdek het. Hy praat verder daarin van ’n diep gat onder ’n boom wat al die wonderlike juwele bevat asook van reuse swartes met spiese wat die stad bewaak en die mensvreters van Tsawo genoem word.






Sy seun Paul maak dit toe sy lewenstaak om na die legendariese stad te gaan soek en vind dit toe ook twintig jaar later. Hy probeer dit streng geheim hou, maar ’n klomp fortuinsoekers kom wel daarvan te hore en is toe dadelik op sy spoor. Die Swart Luiperd, sy oom en sy dogter word in die kluisenaar se vertroue geneem om hom te help om na die stad van juwele te gaan. Die skurke is kort op hulle hakke en doen alles in hulle vermoë om van die Swart Luiperd ontslae te raak. Hulle kry dit later reg om vir Sonet en die kluisenaar te ontvoer en die keer is dit die Swart Luiperd wat hulle weer meedoënloos agtervolg.






Toe hulle by die stad van juwele uitkom, word hulle skoon oorweldig deur al die skatte wat hulle waarneem. Hulle slu plan is om die beeldskone Sonet te gebruik en haar as bruid vir die koning aan te bied, in ruil vir baie van die skatte. Hulle het egter nie heeltemal rekening gehou met die vernuf van die Swart Luiperd, wat hulle gereken het hulle vroeër doodgemaak het nie. Saam met sy twee mak luiperds en Donker sy perd, het hulle so verassing of twee vir die skurke.

weniger anzeigen expand_less
Weiterführende Links zu "Die Mensvreters van Tsawo"

Versandkostenfreie Lieferung! (eBook-Download)

Als Sofort-Download verfügbar

eBook
6,39 €

  • SW9781928498612450914

Ein Blick ins Buch

Book2Look-Leseprobe

Andere kauften auch

Andere sahen sich auch an

info